Galata-toring

Die Galata-toring in Istanboel.
Die toring soos dit in die negentiende eeu gelyk het. Hier het dit die ronde dak wat ná die storm van 1875 gebou is. Foto deur J. Pascal Sébah, tussen 1875 en 1895.

Die Galata-toring (Turks: Galata Kulesi), wat deur die Genuese Christea Turris (die Christus-toring) genoem is, is ’n Middeleeuse kliptoring in die Galata-distrik van Istanboel, Turkye, net noord van die Goue Horing. Dit is een van die stad se treffendste bakens en troon bo ander geboue uit. Uit die toring is daar ’n panoramiese uitsig oor ou Istanboel en die omgewing.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search